Friday, January 21, 2011

Interesting facts #1

Robert Loftus Owen Versfeld – 1862-1932: Presies 60 jaar gelede op die 5de Mei 1932, het Robert Loftus Owen Versfeld, die man na wie hierdie stadion vernoem is, sy kop te ruste gelê.  Die Noord-Transvaalse Rugby Unie het die graf van hierdie baanbreker en sy naastes wat saam met hom in die begrafplaas van Pretoria-Wes begrawe is, herstel.  Dit het nou die mooi aansig wat in die meegaande foto waargeneem kan word.  Tydens die onthulling van die nuwe graf en die voetsteen op hede deur Hentie Serfontein het hy hulde gebring aan Loftus Versfeld en sy familie, wat nie net vir rugby in Pretoria en Noord-Transvaal baie gedoen het nie, maar ook op Nasionale gebied ‘n bydrae gelewer het.



No comments:

Post a Comment