Wednesday, October 19, 2011

Bettie Venter néé Grobbelaar

Bettie Venter néé Grobbelaar
Hieronder volg die joernaal van Bettie Venter née Grobbelaar. Dit is geskryf oor die tydperk gedurende die Anglo-Boere oorlog 1899-1902.

Dit is 'n storie oor 'n 16-jarige meisie wat groot word in 'n oorlog atmosfeer. Hulle het te doene gehad met gevegte, siekte, dood, pyn en honger op 'n daaglikse basis. Sy moes vrede maak met die toestande . Sy praat ook oor haar ou skool vriend, Willem Botha, wat 'n verraaier geword het en sy rug draai op die Boere mense, van sy ou vriende was aangehou in 'n  konsentrasie kamp onder leiding van 'n bevelvoerder met die naam Jacobs. Hy was self ook 'n verraaier wat baie onsensitief opgetree het teenoor die Boere en niks gedoen het om die swak omstandighede in die konsentrasie kamp te verbeter nie.

Die bevelvoerder (Jacobs) sou die mense vrot vleis gee om te eet en eerder te min kos om van te leef, maar te veel om van te sterf. In 1902 is 'n verslag vrygestel oor die bevelvoerder  en sy behandeling van die Boere mense, waarna Jacobs vervang word deur J. Dwyer van die 2 Royal Irish Rifles.  Dwyer het die toestande in die kamp spoedig verbeter.

Die joernaal eindig waar Bettie se pa die kinders vertel dat die oorlog verby is. Hy gee die kinders raad om alles wat gebeur het te vergewe, te vergeet en dit in God se hande te laat.

Die redakteur  is Herman Wehrmeyer. Die kopiereg was oorhandig aan die Universiteit van Pretoria om die joernaal oop te stel op die internet.


This is a link to the pdf: http://www.mediafire.com/?1o9v7ud7whcjqah